BESTE WENKE / METODE OM ENIGE KOEK TE BAK
BESTE METODE OM ENIGE KOEK TE BAK
DIS JOU METODE: .maak ni saak wat jy maak..daar is net 1 metode..en jou bakpoeier is laaste bestandeel voor jy in oond sit..nie min voor dit..so jy maak so..ongeag wat metode se..jy skei ALTYD eiers..klits dan geel, suiker en sout tot dit vreeslik romerig..donsig..en baie lig geel is..as resep botter verlang..kom dit in die stap in..dan gooi jy al jou droe bestandele saam..NIE BAKPOEIER..KOEKSODA..ENS..en as daar kakao moet inkom..meng met vloeistof..vou nou vloeistof bietjie bietjie by eier mengsel saam droe bestandele..nie klits..INVOU..klits witte styf maar ni droog..NOU..vou eierwit in..tot omtrent als gemeng..vou dan bakpoeier in..die geheim is die geklitste eier..en bitter min beweging aan deeg..moet ook nie pan skud om borrels uit te haal soos jou OU juffrou ons geleer het..voor mens jare terug die ‘wanabe koek meel’ so gekoop het..het tannie wat vir tuisnywerheid gewerk het my die metode gegee..ek lees nie eens meer die koeke se metodes..en girl..al kom da net halwe koppie meel in..DIE KOEK REIS BAK VOL.
Bron: Joyce Koen
Plasing: Tiana Botes/ WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Picture

BIER BY KOS KIES
BESTE WENKE HOE OM BIER BY KOS TE KIES
Hier’s ’n paar wenke vir wanneer jy bier by jou kos kies
• Bier en kosgeure behoort by mekaar te pas en sekere eienskappe te deel. Die bitter van hop werk bv. goed met geregte wat lig gekrui is.
• Die sterkte van die bier en die sterkte van die kos moet ooreenstem. Ligte geregte soos slaai pas by ligter biersoorte, en omgekeer.
• Lager pas by dieselfde geregte as witwyn en ale weer by dié wat goed saam met rooiwyn werk.
• As jy die regte kos-pasmaat vir bier soek, moet jy soetheid, bitterheid, gasinhoud en rykheid in ag neem.
• Hoe bitterder die bier smaak as gevolg van sy hop-inhoud, hoe lewendiger moet die kos wees om nie oorweldig te word nie.
• Die kos-en-bier-kombinasie hoef mekaar nie altyd aan te vul nie. Soms werk teenoorgestelde smake ewe goed.
• By geregtemet swaarder smake soos kerries en bredies kan bier met ’n hoër alkohol-inhoud gedrink word.
Bron: SAB-brouer Denis da Silva
Plasing: Joey Kruger 10/06/2013

Picture

AARTAPPEL SKYFIES TUISGEMAAK (VRIES)
AARTAPPEL SKYFIES TUISGEMAAK
Sny jou aartappels in chips
Was af onder koue water
Droog goed af
Braai in warm olie tot net sag
Haal uit en dreineer op kombuispapier.
Laat vinnig afkoel en verpak in geskkte hoeveelhede en vries.
Om te gebruik gooi net weer in warm olie tot ligbrui,
Gooi sout oor en bedien.
Kan ook in die oond gerooster word.
Hou tot 3maande in die vrieskas.
Bron: Onbekend
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

NOG 2 VERSKILLENDE MANIERE
1ste het ek chips in warm olie gedompel vir so paar minute, uitgehaal, laat koud word en toe gevries.
Dit smaak goed!
2de het ek chips goed afgewas, 15 minute in 1t chip white gemeng met
5L koue water laat le, gedreineer en toe gevries. Dit werk baie lekker!
(Chip White is ‘n wit poeier wat jy by sekere winkels by die speserye afdeling sal kry).
Bron: Bets Lourens
Plasing: Bets Lourens / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Picture

BRUISMEEL / SELF RAISING FLOUR

OM KOEKMEEL IN BRUISMEEL TE VERANDER
4 X 250ml Koekmeel
30 ml Kremetart
15 ml Koeksoda
Sif alles 4 keer saam en gebruik in plek van bruismeel
Bron: Onbekend
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Picture

BROOD DEEG (WINKEL DEEG) WENKE
BROOD DEEG (WINKEL DEEG) WENKE
HOE ONTVRIES EK WINKELDEEG?
Haal dit die aand voor jy dit wil gebruik uit die vrieskas.
Dit moet goed ontdooi.
Knie dit liggies af en sit in jou gesmeerde panne.
Laat rys op ‘n warm plek of in die oond teen 100*C
Dit neem langer as vars deeg om te rys dus laat 60 – 90 toe vir rys.
Maak dit liggies toe met plastiek wat met olie gesmeer is terwyl dit rys. Dis belangrik dat dit warm bly in die rys proses
Bak dan soos gewoonlik wanneer die pan vol gerys is.
Bron: Self getoets
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Picture

DEEG
VIER WENKE VIR PERFEKTE DEEG

WERD OM TE WEET
NIE TE KOUD OF TE WARM
Die water vir brood knie
moenie te warm wees nie – dan maak dit die  gisplantjie dood – maar ook nie te koud nie, want dan vertraag dit die  rysproses.
KNIE ‘N BARSHOU
Brood-, anders as tertdeeg, wil  lank geknie word sodat daar glutenontwikkeling kan plaasvind wat help  dat die brood sy mooi uitgeryste vorm behou. Knie dus tot die deeg mooi  glad is en nie meer aan jou hande vassit nie. Met kitsgis hoef jy nie  twee keer te laat rys nie. Laat rus 10 minute, knie af, vorm en laat rys dan tot dubbel die volume.
DIE VERSKIL
Pannekoeke, wafels en plaatkoekies word alles van ’n loperige beslag  gemaak – die verskil lê in die dikte van die beslag, hoe dit lyk en  hoeveel rysmiddel dit bevat.
Pannekoekbeslag is baie vloeibaar, ongeveer so dik soos dik room.
plaatkoekiebesla g is effens dikker. Wafelbeslag bevat rysmiddel, maar pannekoekbeslag min of niks. Maak pannekoeke liefs met water as  melk, dan is die tekstuur ligter.
BAK SO
Sorg dat die beslag  glad is as dit klaar gemeng is en laat dit ’n halfuur lank rus. Moenie  weer roer nie. Bak in
’n warm pan wat slegs aan die begin met olie  uitgevee is. Moenie omdraai voor die onderkant nie styf en gaar is nie.
Bron: Huisgenoot
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Picture

EIERS
HOE OM EIERS TE KOOK
Ons almal sukkel om eiers gekook te kry sodat dit nie bars nie, sukkel om die dop af te kry, dit is te hard of te sag, of dit is blou…
Ek gaan vir julle verduidelik hoe EK my eiers kook, en in al die jare werk dit nog perfek. My man se mos : Ek mag ‘n eier kook !!!
Begin deur jou eiers in ‘n pot te sit en dan gewone kraan water oor te gooi. Ek gebruik sommer net lou water. Die rede hiervoor is, die meeste van ons hou ons eiers in die yskas, en as jy dit in kokende water gooi bars die eier onmiddelik. Gooi dan 1/2 na 1 tl koeksoda in.
Bring die water tot kookpunt. Die oomblik as die eiers begin borrel kook:
3 na 4 minute vir sagte eiers
5 na 6 minute vir harde eiers
Haal van stoof af, gooi kokende water af en gooi koue water in die pot. Jy kan selfs yskaswater gebruik.
Laat eiers afkoel, kraak op kas, rol eiers liggies heen en weer met jou plathand tot jy voel die doppe is “los”van die eier, en voilla, dop af.
Om eiers te kry dat jou eiergeel in die middel is, roer jou eiers eers so vir ‘n minuut kloksgewys, dan weer anti-kloksgewys – dan weer kloksgewys. Dit is terwyl die eiers kook.
Ek vind die koeksoda werk die beste vir my – maar sout en asyn werk ook. Dit help maar net dat die doppe maklik afkom van die eier.
Bron: Tiana Botes
Plasing & Foto: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Picture

EIERS
8 WENKE MET EIERS
Berei ’n volmaak gebakte eier met ’n kookringetjie in ’n pan. Die eiers moet teen kamertemperatuur wees. ’n Skoon tunablikkie wat aan albei kante oop is, werk ewe goed as ’n ring. Spuit die pan met kookolie, plaas die blikkie in die warm pan en breek die eier in die ring.Dop gekookte eiers dadelik af om te keer dat ’n swart ring om die eiergeel vorm.Bêre eiergeel in ’n koppie in die yskas en bedek met koue water om te keer dat ’n skil vorm. Gebruik binne vier dae.Sny hardgekookte eiers deur met ’n mes wat in water gedoop is en die eiergele sal nie breek nie.

Vries eiergele Klits dit liggies saam met ½ teelepel sout. Vries ditgeseëlde houers of die vakkies van ’n ysbakkie tot jy hulle nodig het vir ’n omelet, nagereg of koek.

’n Lepel asyn in die water wanneer jy ’n eier posjeer keer dat die wit versprei. Dit help ook dat die eier vinniger stol

Voeg ’n knippie sout by wanneer jy eiers klits om dit vinniger te laat skuim.

Plaas die eier in ’n bakkie water om die varsheid te toets. As dit sink en op die bodem bly lê, is dit drie tot ses dae oud.
As dit sink en teen ’n hoek dryf, is dit ouer as ’n week.
As dit sink en regop staan, is dit omtrent twee weke oud. As dit dryf, is dit te oud – gooi weg.
Bron: Huisgenoot
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK


Picture

EIERS
HOE OM EIERS TE BEWAAR EN TE VRIES HOE OM EIERS TE BEWAAR
Nadat jy inkopies gedoen het, gaan reguit huis toe en bêre die eiers in ‘n yskas of temperatuur van 4,5grade C of koeler.
Hou dit in die eierhoue en plaas in die koudste deel van die yskas.
Moenie eiers was nie – die beskermende lagie minerale-olie sal afgewas word wat die kans vergroot dat bakterie”e die dop kan binnedring.
As jy te vinnig oor ‘n spoedhobbel gery het en jy kom met ‘n klomp gekraakte eiers by die huis aan, breek hulle in ‘n skoon houer oop, bedek goed en bewaar in die yskas, maar gebruik binne twee dae.
Eiers behoort nie langer as twee uur buite die yskas l^e voordat dit gebruik word nie.OM EIERS TE VRIES:
Eierwitte kan net so, sonder enige byvoegings, gevries word.
Eeirgeel kan met groot sukses gevries word deur vir elke 12 eiers 5ml sout of 20ml suiker of heuning of 10ml gliserien by te voeg.
Die gevriesde eiers moet egter eers goed ontvries voordat jy dit kan gebruik.
Bron: Kosmaters
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Picture

JOGHURT TUISGEMAAK
JOGHURT TUISGEMAAK

Maklike een wat ek het. Maak hom gewoonlik in die aand, dan is hy reg vir sy oornag staan, snoesig toegemaak in ‘n kombers.
1 x 5L emmer met deksel
500g Numel melkpoeier (groen en bruin pak)
1 x 500ml plain jogurt
2 pakkies jellie (enige geur)
1k suiker
METODE:
Gooi poeiermelk in emmer. Meng baie goed met 1L koue water. Voeg 2L kookwater by. Klits baie goed. Voeg jogurt by en klits ook weer baie goed. Sit deksel op en maak goed toe met kombers. Laat oornag staan. Maak die volgende oggend die 2 pakkies jellie en 1k suiker aan met 2k Kookwater. Voeg by die melkmengsel en sit in yskas. Na 24 uur is dit gereed om te eet. Roer net eers goed deur. Baie lekker
Bron: Koek en Tert  / MARIAAN SCHUTZ LOURENS
Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

PLAIN JOGHURT
250ml louwater
400ml melkpoeier (nie volroom)
1 liter melk
250ml kookwater
175ml plain yoghurt.
Meng melkpoeier in pot met lou water meng dan melk en kookwater met dit maak warm op stoof nie te warm
(jy moet jou vinger nie brand is jy hom in steek)
Meng dan yoghurt in gooi in warm vlesse maak toe en laat staan oornag more het jy plain  joghurt
Bron: Chrissie Havlicek
Plasing: Chrissie Havlicek / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK


Picture

KAAS – WENK OM TE VRIES

KAAS – WENK OM TE VRIES
As jy kaas op groot maat koop en wil rasper om te vries.
Plaas n sny brood bo op die kaas in die bak wat jy in die vrieskas gaan sit. Die brood absorbeer al die “ys / vog” en help dat die kaas nie pap raak nie.
As jy dan van die kaas wil gebruik, haal die brood uit, maak effens los met n vurk.
Dit sal gou gou ontdooi.
Plaas dan n vars sny brood bo op die kaas, voordat jy die res vries.
Bron: Eie Wenk (self gedoen)
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK


Picture

KAASSMEER TUISGEMAAK
KAASSMEER TUISGEMAAK
4 koppies melk
500 g margarine (goeie romerige soort)
1 kg cheddar kaas
sout en swart peper na smaak
METODE:
Kook alles saam en meng deeglik.
Opsioneel: meng ongeveer R20 se fyn biltong daarby.
Bottel warm en bere in yskas wanneer afgekoel.
Bron: S.A.Outdoors
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK